Reels en Regulasies vir Gebruik

Hierdie werf word deur The Dating Lab Holdings (Edms) Bpk aangedryf. Gebruik van hierdie werf is beperk tot indiwidue wat minstens 18 jaar oud is, en is bedoel vir volwasse lede om aanlyn met mekaar te kommunikeer. Deur die kassie langs die teks "I have read the terms and conditions of membership and agree with the content. I confirm that I am over 18 years of age," op die 'Member Join' blad af te merk en die 'Next' knoppie te klik, aanvaar jy die terme en voorwaardes op die webwerf uiteengesit, en stem daartoe in.

Elke keer wat jy hierdie diens gebruik, bevestig jy jou instemming tot die terme en voorwaardes. Die terme en voorwaardes geld vir jou persoonlik. Jy mag nie jou regte en verpligtinge aan enigiemand oordra nie. Indien enige bepaling van hierdie terme en voorwaardes ongeldig of kragtens toepaslike reg onafdwingbaar is, sal sodanige bepaling nie van toepasing wees nie, maar sal die ander met volle krag en effek voortduur.

Jy stem in om Die Maatskappy, sy beamptes, direkteure, werknemers, agente, geaffilieerdes, vennootwerwe en derde partye te vrywaar en skadeloos te stel teen enige verlies, eis of skade, insluitend regskostes, wat uit of as gevolg van jou gebruik van hierdie werf ontstaan. Dit sluit in enige verbreking van hierdie terme en voorwaardes of enige aksie wat ontstaan uit die inhoud wat jy op hierdie werf publiseer, wat die intellektuele eiendomsreg (bv. kopiereg, handelsgeheime, handelsmerk of patent) van enige derde party skend, of enige inhoud of kommunikasie wat 'n derde party neerhaal, belaster of so 'n party se privaatheid skend.

1. Inhoud

Jy alleen is verantwoordelik vir enige inhoud of inligting wat jy op jou profiel plaas, en vir enige kommunikasie met ander lede. Die Maatskappy is nie die uitgewer nie en voorsien slegs die kanaal vir lede om te publiseer en/of hulle persoonlike inligting te versprei. Die Maatskappy aanvaar geen verantwoordelikheid vir die publikasie van enige lid se inligting nie, insluitend prente wat deur lede gepubliseer word.

Alhoewel dit die plig van lede is om te besluit watter inligting hulle aan ander lede of ander internetgebruikers beskikbaar wil stel, behou Die Maatskappy die reg voor om redaksionele beheer oor die inhoud van profiele en afbeeldings uit te oefen. Die Maatskappy bevestig nie die akkuraatheid of waarheid van inligting wat deur lede gepubliseer word nie. Wees versigtig in die omgang met ander lede.

Jy mag nie aanstootlike inhoud (insluitend foto's)
publiseer nie. Dit sluit inhoud in wat aanstootlike taal of openlik seksueel eksplisiete inhoud (insluitend foto's) bevat, onwettig, dreigend, lasterlik, mishandelend, benadelend, bevooroordeeld, vanuit 'n rasoogpunt aanstootlik, afstootlik of teisterend is nie. Verder mag jy nie inhoud publiseer wat gedrag aanmoedig wat op 'n kriminele oortreding kan neerkom nie, tot siviele aanspreeklikheid kan lei of andersinds enige toepaslike plaaslike, provinsiale, nasionale of internasionale wet of regulasie kan oortree nie.

Jy mag nie inhoud (insluitend foto's) publiseer wat direk of indirek na kinderpornografie verwys nie, of enige kommunikasie uitlok met of namens enige persoon onder die ouderdom van 18 jaar nie. Alhoewel Die Maatskappy die reg voorbehou om inhoud wat deur Die Maatskappy as aanstootlik beskou word, uit te vee of the verwyder, waarborg Die Maatskappy nie dat aanstootlike materiaal verwyder of uitgevee sal word nie. Versuim deur Die Maatskappy om aanstootlike inhoud uit te vee of te verwyder, doen nie afstand van ons reg om in verdere of soortgelyke gevalle aanstootlike inhoud uit te vee of te verwyder nie.

Jy mag nie inhoud publiseer wat advertensie- of kommersiële boodskappe bevat nie. Jy mag nie boodskappe van 'n kommersiële aard via die werf aan ander lede stuur nie. Jy mag nie voorgee om 'n ander persoon of entiteit te wees nie. Jy mag geen persoonlike kontakbesonderhede in jou profiel publiseer nie. Dit sluit in, maar is nie beperk nie tot, e-posadresse, telefoonnommers, kitsboodskap-kontakbesonderhede (bv ICQ nommers, ens), webwerf URLe, ens. Persoonlike kontankinligting sal verwyder word. Jy mag nie ander lede se kontakbesonderhede probeer bekom of jou subskripsiestatus in jou profiel bekendmaak nie. Die Maatskappy behou die reg voor om uittreksels uit die inhoud van profiele te maak, tesame met die lid se skermnommer en foto's, en dit in promosiemateriaal te gebruik. Deur 'n profiel te skep, verleen jy toestemming aan Die Maatskappy om jou profiel op enige van ons vennootwerwe te publiseer.

2. Rekening- en wagwoordbesonderhede

Lede is alleen daarvoor verantwoordelik om die vertroulikheid van hulle lidnommer en wagwoord te handhaaf.

3. Materiaal onder kopiereg

Jy mag nie materiaal wat aan kopiereg onderhewig is op die werf plaas nie. Dit sluit in, maar is nie beperk nie tot, foto's, afbeeldings en teks. As jy dink dat materiaal waarop kopireg van toepassing is op die werf geplaas is, word jy versoek om Die Maatskappy te nader met die volle besonderhede van die beweerde kopieregskending, insluitend die lid se gebruikernaam en jou kontakbesonderhede.

4. Teistering en dispute

Jy mag geen lid teister nie en moet instem om kontak met enige lid te staak wat jou so versoek. Sou jy die opsie wou hê om enige lid te blokkeer deur die gepaste opsie op sy profiel te kies, sal geblokkeerde lede nie via die werf met jou in verbinding kan tree nie. Die Maatskappy sal nie betrokke raak in enige dispute tussen lede nie en voorsien geen arbitrasie of skikkingsmeganisme nie, indien 'n dispuut tussen lede sou ontstaan. Jy alleen is daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat jou verkeer met ander lede wettig is.


Die Maatskappy stel jou in kennis dat daar risiko's kan wees in jou omgang met lede wat onder valse voorwendsels of met kriminele opset optree. Ons beveel aan dat jy ons Safe Dating Guide lees. Die Maatskappy kan nie beheer wat tussen lede gebeur wanneer hulle besluit om persoonlik te ontmoet nie. Sou jy egter gedrag teëkom wat as nadelig vir ander lede beskou sou kon word, word jy versoek om met die volle besonderhede met Die Maatskappy in aanraking te kom. Ons kan dan, as dit in die uitsluitlike diskresie van Die Maatskappy as gepas beskou word, die oortredende lid waarsku, skors of die lid se profiel uitvee. Let asseblief daarop dat Die Maatskappy nie van plan is, of enige belang daarby het, om by private of huishoudelike dispute tussen lede betrokke te raak nie.

5. Kommunikasie tussen lede

Alhoewel jy enige inligting wat jy wil in antwoorde en daaropvolgende boodskappe mag uitruil, mag boodskappe aan lede wat nie voorheen met jou in verbinding was nie, nie e-posadresse of ander kontakinligting bevat nie. ( Response deur ons 'OneLiner' diens kwalifiseer vir hierdie doeleindes nie as vorige kontak nie). Die Maatskappy hersien of sensor nie ander boodskapinhoud nie, maar dit behou die reg voor om kontakbesonderhede uit inleidende boodskappe te verwyder. Jy alleen is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat die inhoud van boodskappe gepas is. Verder moet jy seker maak dat jy alle boodskappe stoor wat jy wil hou, aangesien ons geen boodskappe wat deur jou uitgevee is, kan herwin nie.

6. Sigbaarheid van inhoud

Ledeprofiele van hierdie werf kan ook (waar van toepassing) gesien word op ander netwerkwerwe wat Die Maatskappy bedryf. Dit vermeerder die bereik van jou profiel aansienlik, en die kanse om 'n suksesvolle treffer te vind. As jou profiel een van die gewildste profiele op die werf word, kan dit lukraak gekies word om as een van ons 'Featured Profiles' op die tuisblad van die werf te verskyn. Hierdie 'Featured Profiles' kan bykomend verskyn op werwe wat deur geselekteerde mediavennote bedryf word, as deel van hulle promosie van die afspraakwerf.

7. Bewaring van inhoud

Die Maatskappy aanvaar geen verantwoordelikheid vir die uitvee of bewaring van jou inhoud nie, insluitend profielbesonderhede en foto's.

8. Lede se privaatheid

Die Maatskappy sal geen persoonlike besonderhede bekend maak wat deur lede voorsien is en wat nie in die openbaar op lede se profiele vertoon word nie, sonder die vooraf skriftelike toestemming van die lid. Dit sluit in die lid se naam, e-posadres, kontakbesonderhede, ens. Inligting sal net vrygestel word waar noodsaaklik en toepaslik om aan wetlike bepalings of aan ander gepaste regsgesag te voldoen, vir sover sodanige inligting relevant en met gepaste gesag aangevra word.

9. Lidmaatskap, subskripsies en kansellasies

Jy kan jou profiel gratis registreer en sal toegang tot die meeste van die diens hê. Subskripsiekoste word gehef om volle toegang tot die diens te kry, insluitend, maar nie beperk nie tot, die vermoë om boodskappe te stuur. Subskripsie is geheel en al vrywillig en jy kan 'n gratis lid bly solank jy wil. Die Maatskappy kan die prys van subskripsies, opsies, hernuwingsvoorwaardes of lededienste te enige tyd wysig. Lede kan hulle lidmaaskap en/of subskripsie te enige tyd beëindig. Subskripsiefooie is nie van een lidprofiel na 'n ander oordrabaar nie. Die Maatskappy kan die subskripsie of lidmaatskap opskort of beëindig van enige lid wat hierdie terme en voorwaardes oortree. Terugbetalings sal in die diskresie van die maatskappybestuur gedoen word.

10. Diensvoorsiening

Die diens word op 'n voetstootsgrondslag sonder enige waarborg van enige aard voorsien, hetsy uitdruklik of geïmpliseerd, insluitend, sonder beperking, waarborge van titel en die geïmpliseerde waarborge van bemarkbaarheid en geskikheid vir 'n spesifieke doel.

11. Modifisering van terme en voorwaardes

Die Maatskappy kan hierdie terme en voorwaardes van tyd tot tyd in sy uitsluitlike diskresie modifiseer.

12. Regsbedeling

Hierdie ooreenkoms sal deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika beheers word, met uitsluiting van die internasionale privaatreg en die Verenigde Nasies se Konvensie aangaande Kontrakte vir die Verkoop van Goedere.

13. Skeibaarheid

Indien enige van hierdie terme en voorwaardes vir enige rede ongeldig of onafdwingbaar bevind sou word, sal die oorblywende bepalings met volle regskrag voortduur, sonder om op enige manier belemmer of ongeldig gemaak te word.

14. Hele ooreenkoms

Hierdie ooreenkoms verteenwoordig die hele ooreenkoms tussen die partye ten opsigte van die inhoudsmateriaal daarvan, en vervang in geheel enige en alle skriftelike of mondelinge ooreenkomste wat voorheen ten opsigte van sodanige inhoud tussen die partye bestaan het.

Bestaande Lede


 


 | 
 
Wagwoord Vergeet?

Verander Taal

  • Afrikaans
  • English
Sluit gratis aan

Nie 'n lid nie?

Om 'n lid te word is vinnig, maklik en die beste van alles, gratis. Sluit Nou Aan!

Vertel 'n vriend/in!

Dink 'n vriend/in behoort te weet van Kom ons Kliek? Ons het dit so maklik gemaak dat al wat jy moet doen is om vul die spasies in .