| « Vorige | Artikel #5 van 6 | Keer terug | Volgende » |
Word opgemerk
6 April 2010
Dit gaan alles oor hoe om opgemerk te word. Hier's 'n paar wenke oor aanlyn flirtasies of afsprake.
Jou profiel
Dink daaroor – as jy uitgaan met die doel om iemand te ontmoet gaan jy bietjie tyd spandeer aan wat jy gaan aantrek en jou styl en of dit gaan pas by die persoon wat jy wil ontmoet. Dieselfde geld vir jou aanlyn profiel.
Die ou gesêgde van eerste indrukke is blywend geld ook vir aanlyn ontmoetings. Jy mag miskien net 'n paar sekondes hê om die regte indruk te maak. So neem jou tyd om die regte boodskap uit te stuur. Die belangrikste van alles – wees eerlik. Indien jy jou voorgee as 'n Adonis, maar jy lyk meer soos Mr Bean, dan is die kanse goed dat jy 'n wankelrige begin gaan maak.
Kom ons kyk na 'n paar basiese dinge:
Jou skuilnaam en jou profiel opskrif
Kies 'n naam wat iets oor jouself sê en moontlik die regte persoon se aandag gaan trek. Indien jy jouself JacuzziBabe noem, moenie verbaas wees as jy honderde boodskappe van ouens kry wat nie in 2,4 kinders, 'n hond en stasie-wa belangstel nie. Maar as jy 'n borrelende persoonlikheid het, dan's jy in die kol!
Die Inhoud van jou profiel
Jy sal oplet dat meeste van die vrae die opsie bied om nie beantwoord te word nie. Dink mooi oor dit wat jy nie invul nie. Jy mag kies om 'n spesifieke vraag nie in te vul nie (bv. geloof) maar om iets soos kleur van oë uit te laat, is slordig. Wanneer dit kom by die beskrywing-gedeelte – neem jou tyd om daaroor te dink. Ons kan nie almal Oscar Wilde wees nie, maar 'n paar slim sinne sal jou ver bring.
Foto's
Dis 'n feit: profiele met foto's lok meer reaksie uit. Kies foto's wat eenvoudig en duidelik is. Kies een waar jy alleen in die foto is sodat dit nie verwarring veroorsaak nie. Onthou, jou vriende of families mag miskien nie daarvan hou as hulle gesigte op die web rond-swerf nie, so respekteer hulle privaatheid.
Hou jou profiel op datum
Kry jy miskien nie die nodige aandag of reaksie nie? Kyk weer na jou profiel en hou dit op datum. Maak dit nuut en vars.
Dis 'n paar eenvoudige wenke wat 'n groot verskil kan maak.
| « Vorige | Artikel #5 van 6 | Keer terug | Volgende » |


